Testimonials
This email is written on behalf on Mrs. Johanna Januarie, living at B25 Crech Road, Hawston, 7202.
Ek wil net DANKIE sê vir almal se bydrae en u hulp met my nuwe rolstoel. Ek het nie geweet ek gaan so lekker ry met 'n elektriese rolstoel nie. Die mense sê al ek ry darem vinnig dan sê ek "nou kan ek ook die wind deur my hare voel waai, lol!" Noudat ek die stoel het is ek ook meer onafhanklik van iemand wat my moet rond stoot en mense raak gou op van ons soort wat ons self nie kan help tot op 'n sekere mate nie, maar die stoel het 'n verskil kom maak nogmaals dankie. Ek kan nou ook later kuier by my familie en vriende aangesien ek niemand nodig het om my huistoe te stoot nie.
My man kan nie eers meer by hou as ons twee stap nie, (ag, ek ry hy stap). Sommige tye vergeet ek dat ek met mense is en dat ons oppad is iewers heen dan ry ek skoon onder hulle uit. Nou wat ek weet hoe om die stoel te bestuur gaan ek ook meer in ons tipe marathone deelneem.
Ek sal nog vir u hulle 'n foto stuur en NOGMAALS BAIE, BAIE, BAIE, BAIE DANKIE!
God se rykste seëninge aan almal by die "The Rachel Swart Fund" en dat julle nog baie mense gaan help soos ek in hierdie jaar.
Johanna Januarie
Email getik deur Elton Geduld, my oorlede suster se seun.
Return to Testimonials


